Posts

Jou kreatiwiteit tot God se eer - Radio Kansel Onderhoud

Image
Liewe Leser,

Hierdie is die teks wat ek voorberei het vir die Radio Kansel onderhoud waarna Christine Ferreira, Redakteur van die Lèèf Tydskrif (nou aanlyn hier beskikbaar), my genooi het. Luister hier na Christine se program op Radio Kansel elke week: www.radiopulpit.co.za






Die onderhoud vind Dinsdag, 25 Julie 2017 plaas tussen 9:00-11:00. Daar sal ook verskeie ander dames wees wat saam gesels, so ons mag dalk nie by al hierdie inhoud uitkom nie. Nogtans deel ek dit hier sodat dit as getuienis dien en iemand se hart kan versterk.





Christine: Genesis 1:1 “In die begin het God die hemel en die aarde geskep.” Die eerste sin in die Bybel handel oor kreatiwiteit. God as Skepper.Kreatiwiteit is ‘n Godgegewe talent. God seën ons elkeen met kreatiwiteit. Sommige meer as ander natuurlik! Kreatiwiteit kom in verskillende gedaantes. En meeste van ons hunker daarna om hierdie kreatitwiteit te kan uitleef.

Vraag 1: Ansu, hoekom is kreatief wees vir jóú belangrik en hoe kan ons as kinders van God ons ei…